Kwaliteitsbeheer

IIFT se sertifiseringskomitee in samewerking met tersiÍre kwaliteitsbeheer oor die uitreiking van kwalifikasies het IIFT gevestig as leier op die gebied van gesondheid, fiksheid en sportkondisionering. Verder is IIFT verbind tot internasionaal erkende standaarde en is daar noue samewering met oorsese lande.

IIFT bied gesamentlik die bekende NSCA-CSCS-CPT-kursusse wat internasionaal geregistreer is by ISO (Internasionale Standaarde-organisasie), wat gerig is op beskerming van die publiek en standaarde wat in Amerika, China, Kanada, AustraliŽ, Nieu-Seeland, Europa, ens. gelys is.

Dit speel ook ’n belangrike rol in IIFT se kwaliteitsbestuur en beheer oor kurrikuluminhoud en die uitreiking van kwalifikasies van hoogstaande gehalte.

IIFT se samewerking met instansies wat ISO-programme en ooreenkomste met ander lande het, dui op die geloofwaardigheid van IIFT se kwalifikasies, nasionaal sowel as internasionaal

 

 

Site Map | Privacy Policy | © 2006 IIFT - Internationale Instituut vir Sportwetenskap en Fiksheidsopleiding
Posbus 11329, Hatfield, 0028 | Tel: +27 12 342 0681 | Faks: +27 12 342 0682 | Epos: iift@icon.co.za
Geregistreer as 'n Nie Winsgewende Organisasie 2001/029912/08
Ontwerp-&-Instandhouding deur Shellseeker